Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gemeenskapsentrum in Delft gevandaliseer

Gesondheids- en gemeenskapswerkers van die Kaapse metro is Woensdagaand beseer toe die The Hague-sport-en-ontspanningsentrum in Delft gevandaliseer is.

Dit was die derde keer in vier weke dat die sentrum gevandaliseer is, sê die metro in ’n verklaring.

Woensdagaand is 11 vensters gebreek, twee deure is aan die brand gesteek en heelwat artikels is gesteel, sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, in die verklaring.

Die jongste aanval het gekom nadat die metro ’n poging om sy projekte onwettig te beset, gestuit het.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van openbare geweld en huisbraak word ondersoek.

Die kombuis van die sentrum is gevandaliseer. Foto: Verskaf
Die deure van die sentrum is afgebreek en aan die brand gesteek. Foto: Verskaf
Ruite is gebreek en deure is beskadig. Foto: Verskaf
Deure en vensters van die sentrum is beskadig. Foto: Verskaf

As voorsorgmaatreël is sommige dienste in die gebied tydelik gestaak.

“Daar was vanjaar ’n skerp toename in hoofsaaklik grootskaalse, georganiseerde besettings, gepaardgaande met gewelddadige betogings, skade, die vernietiging van openbare geriewe en beserings aan werknemers van die metro,” lui die verklaring.

“Die metro het talle hofbevele in die Delft-gebied, asook oor die hele metrogebied heen, bekom in sy poging om sy projekte, dienste en programme te beskerm teen onwettige besetting. Die metro sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om onwettige grondbesettings – wat ’n misdaad is en almal van ons seermaak – te voorkom,” sê Malusi Booi, die metroraad se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, in die verklaring.

Badroodien sê dit is “geheel en al onaanvaarbaar” dat werknemers van die metro, soos noodsaaklike gesondheidswerkers, beseer en geïntimideer word en dat gemeenskapsgeriewe vernietig word. “Dit laat ons weerlose gemeenskappe nog meer weerloos en beroof ons gemeenskappe van dienste en geriewe.”

Volgens hom word R1,3 miljard se projekte vir menslike nedersettings bedreig.

Meer oor:  Delft  |  Vandale  |  Gemeenskapsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.