Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gemeenskapsgroep in Bishop Lavis beroof

Diewe het Vrydag rekenaars by die kantore van die Bishop Lavis Action Community (Blac), ’n gemeenskapsgroep in dié omgewing, gesteel.

Lucinda Beukes, Blac se kantooradministrateur, sê hulle was Vrydag nie op kantoor nie en die inbraak was tussen 10:00 en 11:00.

Die tafel waar een van die gesteelde rekenaars gestaan het Foto: Verskaf

“Ons kan nie verstaan ??hoe niemand iets gesien het nie. Dit het gebeur terwyl daar veiligheidsmense was op die Bishop Lavis-sportterrein, waar die kantore is. Daar is ook geen teken dat iemand probeer inbreek het nie. Die hele voorval is ’n raaisel,” het sy gesê.

Drie rekenaars, wat al die organisasie se rekords bevat, is gesteel. Boonop word gesondheidstoerusting vermis wat gebruik word om mense wat aan die program deelneem, se bloeddruk te meet.

Die Blac-kantore waar daar Vrydag ingebreek is.Foto: Verskaf

Die organisasie het inwoners se hulp gevra om die gesteelde items op te spoor.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om die goedere terug te kry of waar moontlik rekenaars te skenk. Al ons rekenaars is aan Blac geskenk,” het Beukes gesê.

Sy sê hulle is almal vrywilligers wat sonder betaling werk om die gemeenskap op te hef.

“Ons kan nie verstaan hoe die mense van ons kan steel, terwyl ons hulle onbaatsugtig bystaan met die maatskaplike kwessies in ons gebied nie.”

Mense met inligting oor die voorval kan Lucinda Beukes by 084 727 8451 kontak of Amanda Davids op 082 731 0301 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.