Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
George: DBV ondersoek waghond in ‘beknopte draadhok’

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) doen ondersoek nadat ’n waghond in ’n “beknopte draadhok” op ’n verkeerseiland in ’n besige straat in George in die Suid-Kaap afgeneem is.

Die hondehok, in ’n groter draadkampie, Donderdagoggend langs ’n besige straat in Blanco. Foto: Jackie Kruger

Teen Donderdagmiddag is die Duitse herdershond van die perseel by ’n kiosk van die Go George-busdiens in Blanco verwyder.

Die hond het blykbaar ’n veiligheidswag bygestaan wat die perseel oppas. Hy is van tyd tot tyd uit die hok gelaat om saam patrollie te doen.

Mense het woedend gereageer toe foto’s waar die hond voor ’n houthondehok in ’n groter draadhok lê, Woensdagaand deur ’n bekommerde inwoner op die Facebookblad CapeXit: Wildlife & Animal Activists geplaas is. Hulle sê onder meer die hok is “beknop” en vra waarom die hond nie water het nie.

James Robb, bestuurder van Go George, sê by navraag die Facebook-plasing het Woensdagaand onder hul aandag gekom. Die beveiliging van die perseel val onder die jurisdiksie van die wetstoepassingsafdeling van die George-munisipaliteit. Dié is dadelik gekontak. Die versekering is toe gegee dat die DBV se mening gevra gaan word oor wat aanvaarbare toestande is vir die hond wat deur ’n gekontrakteerde veiligheidsmaatskappy gebruik word.

Volgens Richard von Willigh, bestuurder van wetstoepassing van die George-munisipaliteit, is die veiligheidsmaatskappy opdrag gegee om die hond dadelik van die perseel te verwyder hangende verdere ondersoek deur die DBV.

Die Tuinroete-DBV het Donderdagmiddag laat by navraag bevestig dat die eienaar die hond van die perseel verwyder het.

Meer oor:  Go George  |  Dbv  |  James Robb  |  George  |  Beknopte Draadhok  |  Waghond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.