Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
George: Vrou se lyk langs spoor nog nie geïdentifiseer

’n Jong vrou wie se halfnaakte lyk Donderdagoggend langs die treinspoor in George in die Suid-Kaap gevind is, is nog nie geïdentifiseer nie.

Sy was vermoedelik in haar middel 20’s.

Haar lyk is gevind nadat die polisie die gebied gepatrolleer het en twee verdagte mans langs Nelson Mandela-boulevard naby Buco teëgekom het. Die mans het vermoedelik gesteelde eiendom in hul besit gehad.

Hulle het aan die polisie gesê dat hulle ’n jong vrou langs die spoorlyn gesien lê het. Volgens hulle het dit gelyk asof sy dood is.

Die polisie is soontoe en het op die lyk afgekom.

Die vrou het op haar maag langs die spoorlyn gelê. Haar hande was agter haar rug vasgemaak. Sy was in ’n pienk ski-broek en ’n wit T-hemp geklee en het lang gevlegte hare, wat blond gekleur is, gehad.

Die moontlikheid word ondersoek dat sy verkrag en verwurg is.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die vrou is nog nie geïdentifiseer nie en vra die publiek se hulp.

Mense kan die ondersoekbeampte, ao. Jerome Malan, by 044 873 4715 of 065 912 2850 bel, of die tolvrye Stopmisdaad-nommer by 08600 10111 skakel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  George  |  Polisie  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.