Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
GEPF waarsku oor ‘agente’ wat geld vra vir ‘hulp’

Die pen­sioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) het sy lede, pensioentrekkers en begunstigdes gewaarsku teen mense wat hulself voordoen as agente of beamptes van die GEPF en geld vra om hulle met eise vir uitstaande betalings te help.

Hoewel die GEPF nie Maandag kon sê of enige van sy lede of pensioentrekkers slagoffers van dié mense se skelmstreke was nie, is hulle bewus van die bedrogspul in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes.

Mack Lewele, woordvoerder, sê hul lede het die valse beamptes en agente aan hulle gerapporteer. Hy kon nie Maandag sê of enige klagte al by die polisie aanhangig gemaak is nie.

“Dit is belangrik dat ons lede, pensioentrekkers en begunstigdes weet dat die GEPF se dienste gratis is en as enigeen betaling daarvoor vra, moet dit aan ons gerapporteer word,” sê hy.

Lewele sê in ’n verklaring die publiek en veral lede van die GEPF, pensioentrekkers en begunstigdes, moet weet dat die GEPF direk met hulle skakel en nie van derde partye, agente, maatskappy of individue gebruik maak nie.

Enigeen wat geld vir GEPF-dienste vra, is besig om bedrog te pleeg.

Mense moet bewus wees van die volgende:

* Die GEPF se dienste is gratis.

* Niemand word toegelaat om geld te vra van voormalige of huidige GEPF-lede, pensioentrekkers, begunstigdes of hul familielede nie.

* Moenie jou persoonlik inligting soos jou ID-nommer en bankbesonderhede aan vreemdelinge gee nie.

Meer oor:  Gepf  |  Pensioentrekkers  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.