Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geraamte op plaas buite Durbanville gevind

’n Plaaswerker het Dinsdagoggend omstreeks 08:45 op ’n geraamte afgekom terwyl hy bosse en bome langs ’n pad op ’n wynplaas buite Durbanville in die Wes-Kaap oopgekap het.

Die geraamte was nog geklee, maar die skedel het ’n entjie van die res van die geraamte gelê, sê Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder.

Die polisie probeer vasstel wie se oorblyfsels dit is.

Volgens kapt. Michael Rhode van die Durbanville-polisie is forensiese toetse gedoen.

“Ons is steeds besig om vas te stel wie die oorledene is. Dit lyk asof die oorblyfsels lank daar gelê het,” sê Rhode.

Malo sê daar word vermoed dat dit moontlik ’n geval van selfdood was omdat vislyn aan ’n tak naby die geraamte opgemerk is.

Meer oor:  Durbanville  |  Plaas  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.