Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geregsdienaars in arres was nie tydens gyselaarsdrama aan diens

Die polisie- en weermaglede wat in hegtenis geneem is tydens ’n gyselaarsdrama by ’n kerk aan die Wes-Rand in Gauteng, waarin vyf mense dood is, was nie tydens die voorval aan diens nie.

So het brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, Saterdagaand in ’n verklaring gesê.

Van die verdagtes wat Saterdag by ’n kerk in Westonaria ná ’n gyselaarsdrama in hegtenis geneem is. Foto: SAPD/Twitter

“Hulle was as lidmate by die kerk en dit is bloot toevallig dat hul ook aan sekere afdelings van die weermag en polisiediens verbonde is.”

Hy het dit benadruk dat hulle ook nie deel van die span was wat op die voorval by die International Pentecostal Holiness Church in Zuurbekom in Westonaria gereageer het nie.

Naidoo het vroeër Saterdagmiddag in ’n verklaring gesê verskeie afdelings van die polisie, asook lede van die Suid-Afrikaanse Weermag, het omstreeks 03:00 Saterdagoggend gereageer op berigte oor ’n skietery en beweerde gyselaarsituasie.

Netwerk24 het vroeër berig daar word beweer dat dit moontlik onmin binne kerkgeledere was wat tot dié gyselaarsdrama gelei het.

Volgens Naidoo het ’n groep gewapende mense glo kort voor 03:00 by die kerk aangekom en mense binne die gebou aangeval.

“Ons ondersoek die moontlikheid dat die motief vir die aanval ’n vete tussen strydende groepe in die kerk is.”

Die polisie het die lyke van vier mense gevind wat geskiet en in ’n kar verbrand is.

Vuurwapens en ander toerusting waarop die polisie beslag gelê het ná ’n gyselaarsdrama by ’n kerk in Westonaria. Foto: SAPD/Twitter

’n Veiligheidswag, wat moontlik op ’n klagte (oor die skietery) gereageer het, is in sy kar doodgeskiet.

Naidoo het vroeër Saterdag gesê daar is meer as 40 verdagtes in hegtenis geneem, waaronder ses van hulle met beserings na ’n hospitaal geneem is.

Die polisie het op meer as 34 vuurwapens beslag gelê.

Volgens Naidoo was die polisie Saterdagmiddag steeds op die toneel en kan nog inhegtenisnames volg.

Onder die gearresteerdes is polisie- en weermaglede, asook lede van die Johannesburgse metropolisie en mense wat vir die departement van korrektiewe dienste werk.

Meer oor:  Weermag  |  Polisie  |  Wes-Rand  |  Gauteng  |  Gyselaarsdrama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.