Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gert van Rooyen se seun vlug nadat hy talle glo bedrieg
Die polisie soek na Gerhard van Rooyen, ook bekend as Gerrit Cornelius van Rhyn.

’n Seun van die pedofiel Gert van Rooyen word vir beweerde bedrog deur die polisie gesoek.

Die polisie het Maandag in ’n verklaring gesê lede van Wonderboompoort in Pretoria is op soek na Gerhard van Rooyen, wat die alias Gerrit Cornelius van Rhyn het.

Hy word gesoek in verband met “ ’n aantal bedrogklagte wat teen hom ingedien is”.

Van Rooyen het glo in Maart 2013 in koerante en op Facebook geadverteer dat hy ’n huis verhuur. Hy het sy besonderhede gepubliseer sodat mense hom kon kontak.

“Wanneer hulle hom gekontak het, sou hy hulle vra om geld in ’n rekening te deponeer. Om sy spore dood te vee, sou hy seker maak dat die geld in ’n assosiaat se rekening betaal word en dan sou hy spoorloos verdwyn,” beweer die polisie.

“In ander gevalle sou hy adverteer dat hy ’n voertuig verkoop en belangstellendes versoek om kontant in sy vriend se rekening te betaal. Sodra die kontant gedeponeer is, sou hy weer spoorloos verdwyn.”

Die polisie beweer Van Rooyen het in 2013 ’n niksvermoedende lid van die publiek gevra om R12 000 in sy vrou, Elana Goes, se rekening te betaal.

“In ’n ander geval het hy voorgegee om ’n motor te verkoop en ’n vrou van Klerksdorp het R30 000 in een van sy vals rekeninge betaal,” sê die polisie.

Van Rooyen is in Maart 2017 in Gansbaai in hegtenis geneem nadat die landdroshof in Benoni ’n lasbrief daarvoor uitgereik het.

Hy is later op borgtog van R8 000 vrygelaat. Die voorwaardes vir sy borgtog was dat hy elke Woensdag by die Villieria-polisie in Pretoria moes aanmeld en nooit Gauteng verlaat sonder om die Villieria-polisie of die hof daarvan in kennis te stel nie.

Hy is sedertdien ’n voortvlugtige en “het aangehou om ’n string misdade te pleeg,” beweer die polisie.

Die polisie vra dat mense wat weet waar Van Rooyen kan wees AO Lourens Lemmer by 081 531 3785 of 012 335 2818 sal bel.

* Ses meisies het van Augustus 1988 tot November 1989 in een van Suid-Afrika se raaiselagtigste misdade verdwyn.

Gert van Rooyen, van Capital Park, Pretoria, is met die verdwynings verbind, maar nooit in hegtenis geneem nie.

Van Rooyen het Joey Haarhoff, sy vriendin, en toe homself in 1990 in sy bakkie doodgeskiet in ’n jaagtog om van die polisie weg te kom.

Meer oor:  Gert Van Rooyen  |  Seun  |  Gesoek  |  Bedrog  |  Vlug  |  Pedofiel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.