Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesin moet na Opod nadat rubberkoeëls glo hul hond eis

Skyler, ’n rottweiler-kruising van Bonteheuwel, het Woensdagoggend in die dierekliniek in Grassy Park aan sy beserings gevrek nadat hy glo Sondag deur die polisie se bende-eenheid tydens ’n klopjag met rubberkoeëls geskiet is.

Ashley Adams, ’n elektrisiën van Bonteheuwel, sê sy gesin het Woensdagoggend die slegte nuus ontvang dat hul hond nie oorleef het nie.

Die polisie het Sondagoggend net ná kerk op Adams se huis toegesak oomblikke nadat bendes in die gebied op mekaar begin skiet het.

Skyler was vasgebind toe die klopjag uitgevoer is en volgens die Wes-Kaapse polisie het die hond glo polisielede aangeval toe hulle die perseel betree het. Hy was glo wel aan ’n baie lang tou vas.

“Die klaer word aangeraai om na vore te kom en ’n verklaring by die polisie af te lê,” het Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Skyler het Woensdag aan sy wonde gevrek.

Volgens Adams het die polisie inwoners hardhandig en onbeskof behandel en was daar nie ’n goeie rede hoekom die polisie op sy hond losgebrand het nie.

“Die gebeure het my hele gesin getraumatiseer. Die kinders is ontsteld en noudat Skyler nie gaan terugkom nie, is dit veel erger.”

Adams sê dit is hartseer dat dít die beeld is wat kinders op die Kaapse Vlakte van die polisie het. “Dis geen wonder dat ons kinders nie die polisie vertrou nie, want hulle huiwer nie om mense te boelie en selfs ’n hond te skiet nie.”

Adams sê hy sit nou met ’n veeartsrekening van amper R1 000.

“Gister het ons nog gedink Skyler gaan dit maak, maar nou is hy vir altyd van ons weggeneem. Die vraag is nou wie gaan hierdie rekening betaal, want dit is nie ons skuld dat ons hond geskiet is nie.”

Adams sê hy hét die voorval by die Bishop Lavis-polisiekantoor probeer aanmeld, maar is glo meegedeel dat hy nie ’n saak aanhangig kan maak nie en eerder

’n regsverteenwoordiger moet kry om ’n siviele eis in te stel.

“Ons is nie skollies nie en wat die polisie ook al sê, hulle het nie die reg gehad om my hond te skiet nie. Iemand sal verantwoordelikheid moet aanvaar.”

Angus McKenzie, Bonteheuwel se wyksraadslid, sê dit is onaanvaarbaar dat die polisie inwoners so boelie. “Die gesin is nou aangeraai om die saak regstreeks by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aanhangig te maak.”

McKenzie sê dit is onaanvaarbaar dat die polisie die gesin aangeraai het om private regsadvies in te win en geweier het om te help.

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Skyler  |  Rubberkoeëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.