Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesin pleit vir inligting ná man (20) se skietdood in Philippi
Kyle Venter Foto: Facebook

Die gesin van ’n man van Kaapstad wat Woensdag in Philippi in vermoedelik ’n kaping doodgeskiet is, soek antwoorde en het ’n pleidooi aan ooggetuies gerig om met inligting oor die voorval na vore te kom.

Kyle Venter (20) is Woensdag om 15:45 op die hoek van Stock- en Symphonyweg geskiet.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat hulle ’n moordsaak ondersoek en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Venter, wat vir ’n konstruksiemaatskappy gewerk het, het blykbaar aflewerings gedoen toe die voorval gebeur het.

André Venter, sy oupa, sê daar is van agter in sy kleinseun se motor, ’n Hyundai I10, vasgery voordat hy geskiet is. Hy het vermoedelik probeer wegjaag toe daar op hom losgebrand is. Hy is in die motor dood aangetref en niks van sy besittings is gesteel nie.

“Niks is gevat nie, behalwe ’n ou windbuks wat nie werk nie. Al die ander goed was nog net so in die motor.”

Kyle Venter Foto: Facebook

Volgens André is dit ’n sinlose moord en doen hulle ’n beroep op die publiek om met inligting na vore te kom.

“Iemand moes iets gesien het,” sê hy. “Ons wil weet wie dit is wat dit gedoen het.”

Talle mense het op Facebook hul skok uitgespreek.

Volgens inskrywings is Venter se dood onwerklik, was hy gaaf, goedhartig en liefdevol en laat sy dood ’n groot leemte vir sy familielede en vriende.

Hy was oorspronklik van Goodwood, maar het ten tyde van sy dood in Bergvliet gewoon.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Van Wyk het mense met inligting gevra om die ondersoekbeampte by 067 723 3675, of die tolvrye Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel.

Iemand moes iets gesien het. Ons wil weet wie dit is wat dit gedoen het.

Meer oor:  Kyle Venter  |  Philippi  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.