Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesinsmoord in Mthatha: Name nog nie bekend

Die polisie het nog nie die identiteit bekend gemaak van die pa wat Sondag in Northcrest in Mthatha eers sy drie kinders en daarna homself doodgeskiet het nie.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê hul name kan nog nie bekend gemaak word nie omdat al hul naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Die motief vir die gesinsmoord is ook nog onbekend.

’n Familielid van die 48-jarige pa het die polisie Maandagoggend gekontak nadat hy op die oorledenes se lyke afgekom het.

Die kinders is ’n negejarige seun en twee meisies van onderskeidelik ses en agt jaar oud.

Die man het ’n gelisensieerde vuurwapen

gebruik en dit is nog onduidelik waar die kinders se ma tydens die voorval was, sê Koena.

Meer oor:  Mthatha  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.