Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Gesoekte misdadiger’ sterf in polisie se koeëlreën

WAARSKUWING: FOTO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL

Die 41-jarige man wat Saterdagoggend na bewering op die polisie in Katlehong losgebrand het, is tussen huise doodgeskiet. Foto: Verskaf

’n 41-jarige man wat onder meer vir sake van moord en poging tot moord deur die polisie gesoek is, is Saterdagoggend tydens ’n oor-en-weer-skietery met die polisie doodgeskiet.

Die man, wie se naam deur die polisie weerhou word totdat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is, het na bewering Saterdagoggend ’n vuurwapen op ’n inwoner van ’n huis in Katlehong, Ekurhuleni, gerig.

Luidens ’n verklaring van kapt. Mavela Masondo, ’n polisiewoordvoerder, is die polisie na die toneel ontbied.

Hier het die man blykbaar op die polisie losgebrand terwyl die polisiebeamptes hom genader het.

’n Skietery het tussen die man en die polisie ontstaan en die man is noodlottig gewond.

Geen polisiebeampte is in die voorval beseer nie.

Masondo sê in ’n verklaring die polisie se aanvanklike ondersoek dui daarop dat die man in verband met moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en brandstigting gesoek is.

Die ongelisensieerde vuurwapen wat deur die man tydens die skietery gebruik is, sal ook vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in ander misdade gebruik is, het Masondo gesê.

Die vuurwapen wat glo deur die 41-jarige man gebruik is tydens ’n oor-en-weer-skietery met die polisie in Katlehong, Ekurhuleni. Foto: Verskaf

Meer oor:  Ekurhuleni  |  Misdaad  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.