Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesoekte verdagte in Kuruman vasgetrek

’n Verdagte in ’n moordsaak, wat op die lys van die mees gesoekte oortreders was, is Dinsdag in Kuruman in die Noord-Kaap aangekeer.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n provinsiale polisie-eenheid wat uit misdaadintelligensie en die Kuruman-hoofwegpatrollie bestaan, het Nicholas Manci opgespoor en in hegtenis geneem.

Manci was in verband met ’n saak van moord en roof asook ontvoering met verswarende omstandighede in Daniëlskuil gesoek.

Die polisie was op sy spoor nadat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is toe hy versuim het om in die Noord-Kaapse hooggeregshof te verskyn.

Tawana sê hy was ook in verband met ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer in Middelburg in die Oos-Kaap gesoek.

’n BB-rewolwer is na bewering in sy besit gevind.

Manci sal binnekort in die hooggeregshof in Kimberley verskyn.

Meer oor:  Kuruman  |  Gesoek  |  Arrestasie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.