Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesondheid-werkers vas oor besit van liggaamsdele

Menslike bene, knieë en plasentas is onder die liggaamsdele wat by drie gesondheidswerkers van Mpumalanga gekry is.

’n 41-jarige gesondheidswerker van die Ermelo-hospitaal was Woensdag steeds in polisieaanhouding nadat hy Maandag in hegtenis geneem is.

Sy medebeskuldigdes, Jabulani Sam Mnguni (45) en Pascal Mandla Gininda (49), het reeds Maandag in die landdroshof in Eerstehoek verskyn.

Mnguni werk by die Ermelo-hospitaal en Gininda by die Lothair-kliniek. Hulle is Sondag in hegtenis geneem.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, word al drie aangekla van die onwettige besit van menslike liggaamsdele.

Hlathi sê Mguni en Gininda is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor ’n voertuig wat liggaamsdele vervoer. Die derde verdagte is ná verdere ondersoek vir ondervraging ingebring en toe ook aangekla, sê Hlathi.

Dit is nog nie seker waar die beskuldigdes die liggaamsdele gekry het nie, maar volgens Hlathi word daar in sommige kulture geglo dat die liggaamsdele welvaart vir jou onderneming kan bring.

Luidens ’n verklaring van Mpumalanga se departement van gesondheid is Mguni en Gininda reeds geskors.

Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid, sê in die verklaring sy is “geskok en ontsteld oor die misdadige bedrywighede waarby die amptenare glo betrokke was”.

Die departement het nie gereageer op navrae oor of die derde verdagte ook geskors is nie.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Liggaamsdele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.