Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesteelde motor teruggekry voordat handelaar weet van diefstal

Vier splinternuwe Volkswagen Polo-motors wat in ’n konvooi in New Brighton rondrits, het die agterdog van lede van die polisie se blitspatrollie gewek.

Die polisiebeamptes wat op hul instinkte gereageer het, het daartoe gelei dat ’n motorhandelaar in Port Elizabeth ’n gesteelde motor teruggekry het, nog voordat die handelaar besef het daar is motors gesteel.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ao. Sphumelele Msindwana en konst. Sihle Dayile het Vrydag in New Brighton patrolliewerk gedoen toe hulle die konvooi in Mendistraat opmerk.

Die beamptes het agterdogtig geword oor die bestuurders wat in die motors in die betrokke gebied rondry.

Toe die polisiebeamptes die bestuurder in die eerste motor van die pad aftrek, het die ander bestuurders weggery.

Die bestuurder van die voertuig het toe die polisie hom ondervra talle verduidelikings gebied, een daarvan was dat hy by ’n Volkswagen-motorhandelaar in Noordeinde werk.

Naidu sê die man se verskonings het nie die polisiebeamptes oortuig nie.

Msindwana het die man na die motorhandelaar in Noordeinde toe geneem om sy storie te verifieer. Dayile het agter hulle gery in die Polo.

“Toe hulle naby die motorhandelaar kom, het die man sy storie verander, en met ’n nuwe verduideliking vorendag gekom.

“Die motorhandelaar was nie bewus dat motors uit sy depot weg was voordat die polisie dit onder sy aandag gebring het nie.”

Daar word beweer vyf voertuie is gevat. ’n Deeglike opname moet gedoen word om te bepaal presies hoeveel motors weg is.

Die verdagte is in hegtenis geneem op ’n klag van motordiefstal. Hy gaan binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  New Brighton  |  Port Elizabeth  |  Motors  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.