Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesteelde pistool ná 14 jaar terug gekry

’n Vuurwapen wat in Conville in George deur die polisie gevind is, is in 2005 in ’n huisbraak gesteel.

Volgens die polisie is die 6.35 Taurus-pistool die afgelope naweek in Conville gevind toe die polisie ’n groep verdagte mans op die hoek van Pienaar- en Luisterstraat opgemerk het.

Die vuurwapen wat in Conville, George, gevind is. Dit is in 2005 in ’n huisbraak in George gesteel.Foto: Verskaf

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die mans genader, maar hulle het in verskillende rigtings weggehardloop.

Die polisie het die mans agternagesit. Hulle is deurgesoek en die pistool is by een van die mans gevind.

’n 50-jarige man is in hegtenis geneem. Verdere ondersoek het getoon die pistool is in 2005 tydens ’n huisbraak in George gesteel.

Die pistool sal na die polisie se forensiese laboratorium gestuur word vir ballistiese toetse om vas te stel of dit gebruik is in die pleeg van ander misdade.

Die man het Maandag vlugtig in die landdroshof in George verskyn. Sy naam, asook die datum van sy volgende hofverskyning, is nie bekend nie omdat die dossier nog by die hof is.

Genl.maj. Oswald Reddy, hoof van die polisie aan die Tuinroete, het die polisielede geprys vir hul flinke optrede omdat gesteelde vuurwapens dikwels gebruik word in die pleeg van ernstige misdade.

Meer oor:  George  |  Misdaad  |  Huisbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.