Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gesteelde sybokhaar: Polisie trek man by Pearston vas

Die polisie in die Oos-Kaap het sowat R50 000 se vermoedelik gesteelde sybokhaar teruggekry.

Twee sakke vol sybokhaar is Donderdagoggend omstreeks 02:50 in die besit van ’n 34-jarige man in Pearston, sowat 75 km buite Graaff-Reinet, gevind.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het beamptes van die Pearston-polisiekantoor die man ná ’n kort jaagtog aangekeer.

Dié twee sakke met sybokhaar is Donderdagoggend in ’n man op Pearston se besit gevind. Foto: Verskaf

Beamptes het Klipplaatbergweg gepatrolleer toe hulle ’n wit Toyota Corolla sien wat in die rigting van die dorp begin wegjaag het toe die bestuurder die polisievoertuig sien.

Swart sê die polisie het die motor voorgekeer en twee sakke met sybokhaar in die voertuig gevind.

Die sakke het saam sowat 160 kg geweeg en het ’n waarde van ongeveer R50 000.

“Die man is op ’n klag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.”

Hy sal Vrydag in die landdroshof op Pearston voorkom.

Swart sê verskeie diefstalsake van sybokhaar is die afgelope jaar in die Graaff-Reinet- en Cradock-distrik aangemeld.

“Speurders volg tans alle leidrade op om vas te stel waar die sybokhaar gesteel is en of die verdagte moontlik met ander sake verbind kan word.

“Bykomende klagte kan bygevoeg word wanneer die ondersoek afgehandel is,” sê Swart.

Sy sê diefstal van sybokhaar is ’n bron van kommer vir die Graaff-Reinet-polisiegebied.

Brig. Rudolph Adolph, bevelvoerder van dié polisiegebied, het die polisiebeamptes vir die inhegtenisneming geloof en sê hy glo dié inhegtenisneming sal as afskrikmiddel dien vir soortgelyke oortreders.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Diefstal  |  Sybokhaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.