Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Gestremde’ seun erken glo hy het ouers vermoor

Die 22-jarige seun, wat in verband met sy ouers se verdwyning gesoek was, het sy ma se vlak graf aan die polisie uitgewys nadat hy na bewering oor die moorde op sy ouers gebieg het.

Die polisie in Port Elizabeth het die gemeenskap se hulp gevra om hom op te spoor nadat sy ouers, Mountain Sipho (60) en Jeanette Taule (55), meer as ’n week gelede laas gesien is.

Die polisie het Woensdagoggend in hul soektog op die verkoolde oorskot van ’n man in die veld, sowat 70 m van die Taule-egpaar se huis in Mtistraat in Kwadwesi, afgekom.

Die vlak graf buite die Taule-egpaar se huis in Mtistraat in Kwadwesi, waarin ’n 22-jarige seun glo sy ma begrawe het. Foto: Verskaf

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, vermoed die polisie dat dit Mountain Taule se oorskot is.

Die polisie het kort daarna ook moontlike stukkies been in die as van ’n onlangse vuur by die Taule-egpaar se huis gevind. Die polisie het vermoed dat dit deel van Jeanette Taule se oorskot kan wees.

Lede van die gemeenskap het die egpaar se seun, wat glo verstandelik gestrem is, later Woensdagmiddag in ’n straat naby sy ouerhuis opgemerk en na die polisie gebring.

Beetge het gesê die seun het omstreeks 19:00 erken dat hy sy ouers vermoor het en die polisie na ’n vlak graf buite sy ouerhuis gelei waar hy na bewering sy ma begrawe het.

Haar lyk was nie verbrand soos dié van vermoedelik haar man nie. Die oorsaak van haar dood moet nog bepaal word.

Volgens Beetge het die polisie gedurende die seun se ondervraging nie die indruk gekry dat hy verstandelik gestrem is nie, maar wel moontlik onder die invloed van dwelms is.

Die seun sal Vrydag in die landdroshof in New Brighton op twee aanklagte van moord verskyn.

Beetge sê die senior staatsaanklaer sal besluit of hy vir sielkundige waarneming gestuur moet word.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, het die gemeenskap geloof dat hulle nie eie reg gebruik het nie maar die seun aan die polisie oorhandig het.

Meer oor:  Mountain Sipho  |  Jeanette Taule  |  Port Elizabeth  |  Ouers  |  Verhoor  |  Moord  |  Gestremde Seun
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.