Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gevaarlike rower ontsnap toe polisie kos koop

’n Gevaarlike gevangene het ontsnap toe polisielede wat hom vanaf Thohoyandou vervoer het, by die Shell Ultra City sowat 10 km buite Polokwane stilgehou het om kos te koop.

’n Reuse-soektog is begin na Afra Rikhotso (27) wat Dinsdagaand omstreeks 20:00 op die vlug geslaan het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê polisielede van die Northam-polisekantoor het Rikhotso Dinsdag by die Thohoyandou-gevangenis gaan haal. Rikhotso dien tronkstraf uit weens gewapende rooftogte.

Die polisielede was op pad na Northam, naby Thabazimbi, waar Rikhotso in die hof moes verskyn, ook op aanklagte van gewapende rooftogte waarby hy glo betrokke was.

Foto ter illustrasie.

Ngoepe sê terwyl die twee polisielede in ’n wegneemete-restaurant kos gekoop het, het Rikhotso agter uit die polisievangwa ontsnap.

Hoe dit presies gebeur het, is nie duidelik nie.

Ngoepe sê Rikhotso het ’n wapen uitgepluk en dit op die polisielede gerig. “Ons ondersoek nog waar hy die wapen gekry het.”

Die departement van korrektiewe dienste ondersoek saam met die polisie ook die voorval.

Daar sal ondersoek gedoen word na die optrede van die twee polisiebeamptes wat Rikhotso vervoer het tydens die voorval, sê Ngoepe.

“Dit is ’n baie ernstige voorval. Hy kon die polisielede doodgeskiet het. Ons is warm op sy spoor en sal hom weer in hegtenis neem.”

Enigiemand wat inligting het kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 bel.

Meer oor:  Polokwane  |  Thohoyandou  |  Kos  |  Koop  |  Rower  |  Polisie  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.