Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gevandaliseerde brandkrane groot probleem

Duisende liter water gaan in Jeffreysbaai verlore weens diewe wat die kopstukke van munisipale brandkrane steel.

Water stroom uit ’n brandkraan waarvan die kopstuk gesteel is in Jeffreysbaai. Foto: Facebook

Dié diefstal het die Kouga-munisipaliteit genoop om ’n beloning van R5 000 uit te loof vir enigeen wat inligting kan verskaf wat lei tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die skuldiges.

Die munisipaliteit gaan die laaste tyd swaar gebuk onder kwaaddoeners wat brandkrane vandaliseer.

Horatio Hendricks, uitvoerende burgemeester, sê die kopstukke van brandkrane in Koraalstraat en aan die strandfront is vandeesweek gesteel.

“Die diefstal het ook daartoe gelei dat massas water verlore gegaan het. Dit het oor die afgelope jaar ’n neiging geword en ons wil seker maak dat die skuldiges aan die pen ry.”

Hendricks het daarop gewys dat die Kouga-streek steeds ’n droogte-rampgebied is en dat waterbeperkings steeds geld.

“Ons kan dit dus nie duld dat dié skaars hulpbron onnodig vermors word nie.”

Enigeen met inligting, of inwoners wat verdagte aktiwiteite opmerk, kan Kouga se noodnommer by 042 200 2200 skakel, of 042 291 0250.

Meer oor:  Jeffreysbaai  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.