Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gevangene dood nadat hy glo bewaarder aanrand

’n Gevangene van Pollsmoor in Kaapstad, wat onlangs weer opgesluit is nadat hy sy paroolvoorwaardes verbreek het, is Saterdag dood nadat bewaarders hom glo aangerand het.

Luzuko Maseko se dood spruit uit ’n voorval Saterdag waarin hy ’n bewaarder glo met ’n skerp voorwerp agter sy regteroor gesteek het.

Volgens ’n bron het ander bewaarders wat aan diens was onmiddellik op die voorval gereageer en Maseko begin aanrand.

Volgens die bron was daar glo vier diep wonde aan Maseko se kop en paramedici, wat van buite die tronk ontbied is, het hom op die toneel dood verklaar.

Die ingang van die Pollsmoor-gevangenis. Foto: Peter Abrahams/Die Son

Maseko het in Augustus 2013 tien jaar tronkstraf vir moord begin uitdien.

Hy is op 28 Augustus op parool vrygelaat, maar is in Oktober weer in hegtenis geneem nadat hy van sy paroolvoorwaardes verbreek het.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandag bevestig dat ’n gevangene een van hul lede met ’n skerp voorwerp agter in die nek gesteek het.

Hy het gesê lede moes die minimum geweld gebruik om die gevangene in bedwang te kry, maar Maseko het tydens hul pogings gesterf.

Volgens hom is ’n interne ondersoek begin en die polisie ondersoek ook die voorval. Die regterlike inspektoraat vir korrektiewe dienste is ook oor die voorval ingelig.

“Hulle sal na verwagting hul eie onafhanklike ondersoek doen.”

Nxumalo het gesê die ondersoeke sal meer lig werp op die motief vir en die omstandighede wat tot die aanval kon gelei het.

“Korrektiewe dienste monitor die situasie, maar dit is kalm in die gevangenis.” het hy gesê.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die voorval ondersoek word en dat ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.

Meer oor:  Pollsmoor  |  Kaapstad  |  Bewaarder  |  Aanrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.