Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewapende bende beroof taverne in Kakamas

Vyf swaar gewapende mans het Maandagmiddag ’n taverne in Alheit, sowat 10 km buite Kakamas in die Noord-Kaap, van ’n onbekende bedrag geld en drank beroof.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die rowers, wat glo met gewere en handwapens gewapen was, het omstreeks 13:30 op CJ’s Tavern toegeslaan.

Drie mans het na bewering buite die taverne gesit en drink terwyl ’n vierde man elders gesit het.

’n Vyfde man het met ’n sak by die kroeg ingeloop en ’n wapen uitgeruk, waarna hy die deur toegestoot het.

’n Vyfde man het met ’n sak by die kroeg ingeloop en ’n wapen uitgeruk, waarna hy die deur toegestoot het.

Die vier ander verdagtes het opgestaan toe die vyfde verdagte by die deur in is, hom gevolg en geëis dat ’n werknemer en twee klante in die kroeg hul selfone op die tafels neersit.

Gamieldien sê die mans het ’n houer met ’n onbekende bedrag geld asook drank gegryp en met ’n wit Toyota Hilux-dubbelkajuitbakkie in die rigting van Augrabies gevlug.

’n Nommerplaat met ’n Vrystaatse registrasienommer, wat vervals blyk te wees, het glo van die voertuig geval.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Gamieldien sê die polisie in Kakamas ondersoek die voorval en vra dat enigeen met inligting die polisie by 082 300 3228 bel.

“Ons vra die publiek se hulp om die roofbende so gou moontlik aan te keer.”

Gamieldien het ook gewaarsku dat die publiek nie die mans moet konfronteer nie, aangesien hulle gewapen is.

Meer oor:  Alheit  |  Kakamas  |  Taverne  |  Gewapende Bende  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.