Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewapende rower skiet winkeleienaar dood

Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes ná ’n rooftog in Fouriesburg waarin ’n winkeleienaar van Fouriesburg en ’n rower noodlottig gewond is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê drie onbekende mans, waarvan een gewapen was, het Saterdag omstreeks 20:45 ’n spazawinkel in Mashaeng, Fouriesburg, bestorm en Temsegel Tadsse Jomole (32), winkeleienaar, in die slaapkamer gedwing waar hy hom vermoor het.

Die gewapende rower het hierna met ’n sak vol geld uit die kamer gekom. Die ander twee verdagtes het geld uit die toonbank gebuit en te voet op die vlug gegaan.

“Hulle het ook willekeurig skote in die straat afgevuur.”

Volgens Mbambo is een van die verdagtes later met ’n skietwond aan sy rug langs die R26-pad gevind.

“Dit is nie bekend wie hom geskiet het nie.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan speur.ao. Aaron Khoza by 082 466 7649 bel.

Meer oor:  Fouriesburg  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.