Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewapende rowers vlug met kontant, selfone

Die polisie het Dinsdag ’n soektog na ses gewapende rowers van stapel gestuur nadat hulle twee mense by ’n vulstasie op die N1-snelweg naby Modimolle in Limpopo van kontant en selfone beroof het.

Die rowers het probeer om die slagoffers se minibus te steel, maar het ná verskeie probeerslae die aftog geblaas en weggekom.

“Die voorval was omstreeks 05:00 Dinsdag toe die groep rowers op twee mense in ’n Toyota Quantum by die vulstasie toegesak het,” sê kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Hulle is met vuurwapens aangehou.

“Niemand is in die voorval beseer nie. Die rowers is steeds soek,” sê Ngoepe.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Richard Boshomane, ondersoekbeampte, by 079 894 5501 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

Meer oor:  Limpopo  |  Modimolle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.