Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Harrismith: Man sterf in vragmotor wat brand

Die geweldpleging in en om Harrismith het die lewe van ’n vragmotorbestuurder geëis toe hy net buite die dorp beheer oor sy voertuig verloor en van die pad gery het.

Betogers het sedert Maandag paaie afgesper en sporadies klippe na voertuie op die pad gegooi.

Dít het Donderdagaand daartoe gelei dat die vragmotorbestuurder op die N5, net buite Harrismith, beheer oor sy vragmotor verloor het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die vragmotor het aan die brand geslaan en die bestuurder het in die kajuit doodgebrand.

Betogings het Maandagoggend uitgebreek en het reeds daartoe gelei dat miljoene rande se skade aangerig is.

’n Vragmotorbestuurder het doodgebrand toe sy voertuig omgeslaan het nadat dit met klippe gegooi is en hy beheer oor die vragmotor verloor het.
Die toneel waar ’n vragmotorbestuurder doodgebrand het toe hy op die N5 buite Harrismith beheer oor sy voertuig verloor het nadat betogers hom met klippe gegooi het.

By die plaaslike lughawe is ’n sweeftuig in ’n brand vernietig en twee ander vliegtuie beskadig. Die sweeftuigklub se klubhuis is ook in puin gelê.

Woensdagmiddag is ’n lugbespuitingsmaatskappy se werknemers by die lughawe vasgekeer toe hulle waardevolle toerusting wou verskuif.

Die polisie moes ’n gat in die heining sny om die twee mans met ’n ompad na die dorp terug te begelei.

Oproermakers eis dat die lughawe se grond vir behuising gebruik word.

Padgebruikers moes die hele week waaksaam wees omdat betogers op die heuwels buite die dorp wag en dan klippe na voertuie gooi.

’n Sterk polisieteenwoordigheid word sedert Maandag in die dorp gehandhaaf.

Mbambo sê 42 mense is die afgelope week vir openbare geweldpleging in hegtenis geneem.

Vyftien van hulle moet weer op 2 Junie in die hof verskyn omdat hulle nog nie regsverteenwoordigers aangestel het nie. Die ander 27 sal binnekort in die hof verskyn.

Mbambo sê die situasie is tans kalm, maar mense moet waaksaam wees wanneer hulle in die omgewing ry.

Die betogers is ontevrede met swak dienslewering deur die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, wat Harrismith, Kestell en Puthaditjaba bedien.

Betogings het oor die munisipale gebied voorgekom met Harrismith die brandpunt.


Meer oor:  Harrismith  |  Oproer  |  Vandalisme  |  Betoging  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.