Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geweld teen vroue: 2 in Rustenburg vermoor

’n 27-jarige vrou en haar kêrel, ’n polisieman, is dood in hul huis in Boitekong, Rustenburg, gekry in wat vermoedelik ’n moord- en selfdoodvoorval is.

Dit was een van twee voorvalle in Rustenburg die afgelope naweek waarin oënskynlik ’n vrou se lewensmaat haar vermoor het, sê Mpho Khunou, burgemeester van dié stad in Noordwes.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die polisie is Sondag na Boitekong uitgeroep ná ’n skietvoorval, waar hulle na ’n huis geneem is waarvan die deur oopgeskop was.

In die huis het hulle Khanyisile Ntanga gevind met ’n skietwond aan haar kop. Langs haar was haar kêrel, konst. Sello Tshukudu (37). “Hy het ook ’n skietwond aan die kop gehad en het in ’n poel bloed gelê.”

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Khunou het sy skok oor die voorval uitgespreek.

Hy het gesê ook Basetsana Kgarole is Saterdag na bewering deur haar kêrel vermoor.

Sy is voor haar kinders in die nek gesteek in haar familie se huis. Sy is na die Boitekong-kliniek geneem vir noodbehandeling, maar is dood onderweg na die Shimankane Tabane-hospitaal, waarheen sy later oorgeplaas is.

Een persoon is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Khunou sê die voorvalle volg op openbare opstand oor geweld teen vroue, veral deur hul lewensmaats.

In September is groot optogte landwyd gehou ná opspraakwekkende moorde op vroue. Dit sluit in die moord op Uyinene Mrwetana, ’n student aan die Universiteit van Kaapstad, en Jesse Hess, ’n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Pres. Cyril Ramaphosa het daarna noodmaatreëls aangekondig wat in die volgende ses maande ingestel gaan word om die vlaag van moorde stop te sit. Die belangrikste is dat die tesourie bykomende geld vir die regering se nasionale veldtog teen gendergeweld opsy sal sit. Ander bykomende noodmaatreëls is dat:

* 11 nuwe toegewyde howe vir seksuele oortreding by die bestaande 92 gevoeg sal word;

* Die nasionale register met name van oortreders van gendergeweld bygewerk, gemoderniseer en openbaar gemaak sal word;

* Alle misdade teen vroue en kinders swaarder minimum vonnisse sal kry;

* Alle borgtog- en paroolaansoeke van verkragters en moordenaars van vroue en kinders teengestaan sal word;

* Rehabilitasieprogramme in tronke vermeerder en hersaamgestel sal word;

* Alle geslote gendergeweldsake hersien sal word;

* Sistemiese probleme soos agterstande in sake, vertragings van DNS-toetse en die beskikbaarheid van bewysstelle vir verkragting in polisiekantore die nodige aandag sal kry; en

* Programme vir die voorkoming van gendergeweld ook na skole, gemeenskappe en werkplekke uitgebrei sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.