Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geweld: W-Kaapse LUR dreig weer om taxiroetes te sluit

As die geweld in die Wes-Kaapse vervoersektor nie stop nie, sal hy dit beslis oorweeg om roetes en taxistaanplekke te sluit.

Dié waarskuwing is Dinsdag opnuut gerig deur Daylin Mitchell, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, nadat geweld in die sektor weer op 5 Julie opgevlam het.

kaapstad-busterminus, pendelaars
Die Kaapstad-busterminus langs Kaapstad-stasie is gewoonlik bedrywig, maar dit was Dinsdagoggend stil met net enkele busse wat op hul roetes was. Foto: Jaco Marais

Hy sê hy én Fikile Mbalula, nasionale minister van vervoer, het leiers in die minibustaxibedryf gevra om pendelaars se veiligheid bo hul eie belange te stel.

“Ek het dit ook duidelik gemaak dat die regering die reg sy gang gaan laat gaan en dat ons nie misdadige elemente gaan toelaat om wettige operateurs en inwoners van die provinsie gevange te hou nie.”

Mitchell sê die aanvalle hou vermoedelik verband met ’n geskil tussen twee taxiverenigings oor die B97-roete.

“Die geweld raak nie net die taxibedryf nie, maar ook ander openbarevervoer-ondernemings wat weens kommer oor veiligheid hul operasionele bedrywighede moes aanpas.”

Mitchells se departement het Dinsdag ’n lys uitgereik van minibustaxiroetes in die Kaapse Skiereiland en die Boland-omgewing wat deur die geweld geraak is.

Hiervolgens is daar tans geen minibustaxidiens tussen Mbekweni en Bellville nie. Roetes in die Paarl is egter oop.

Daar is ook beperkte minibustaxi-dienste vanaf Khayelitsha, Nyanga en Langa na onder meer die Bellville-paaienetwerk.

Daar is beperkte dienste van Eersterivier na Bellville. Pendelaars word volgens die lys in Robert Sobukweweg afgelaai. Pendelaars wat tussen Kaapstad en Belhar wil reis, moet in Charl Malanstraat opklim.

Daar is volgens Mitchells Golden Arrow-busse beskikbaar nadat die Golden Arrow-busdiens Maandag van sy ritte opgeskort het nadat twee busse aangeval en ’n busbestuurder in die gesig geskiet is.

Ander taxiroetes waar die diens beperk is, is die roetes na Nomzamo en Lwandle. Minibustaxi’s ry wel in Langa, maar het beperkte dienste tot in Bellville. In Wynberg, Vrygrond, Vishoek, Masiphumelele, Athlone, Mitchells Plain en Claremont ry daar geen Cata- of Codeta-geaffilieerde minibustaxi’s nie.

In Sentraal-Nyanga en Guguletu is daar weinig of geen Golden Arrow-busse beskikbaar nie.

Mitchell sê minibustaxi’s wat nie lid van Cata of Codeta is nie, ry waarskynlik wel in dié gebiede.

Meer oor:  Fikile Mabula  |  Daylin Mitchell  |  Taxigeweld  |  Pendelaars  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.