Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Geweldsmisdade bly hoog in die Oos-Kaap

Ernstige geweldsmisdade het die afgelope boekjaar steeds hoogty in die Oos-Kaap gevier met nagenoeg 4 000 mense wat luidens die jongste misdaadsyfers hul lewe weens misdaad verloor het.

Bheki Cele, minister van polisie, het die jongste misdaadstatistieke vir 2019-’20 Vrydagoggend bekend gemaak.

Bheki Cele Foto: SON

Die statistieke oor geweldsmisdade in die Oos-Kaap skets ’n donker prentjie van 3 879 moorde – al is dit ’n daling van 2,2% teenoor die vorige boekjaar.

Ses polisiekantore in die provinsie val onder die top-30 in die land waar moorde aangemeld is – die ses is Mthatha, Bethelsdorp, New Brighton, Libode, Lusikisiki en Motherwell.

In dié ses polisiedistrikte is gesamentlik 709 mense van April 2019 tot einde Maart 2020 vermoor.

Cele skryf die oorsake van moord in die provinsie onder meer toe aan argumente en misverstande (643), huishoudelike voorvalle (163), bendes (116) en wraakaanvalle (286).

Altesaam 12 Oos-Kaapse moordslagoffers vorm deel van die 49 plaasmoorde wat landwyd aangemeld is.

Kontakmisdade, sake van poging tot moord en sake van aanranding het onderskeidelik met 0,2%, 4,5% en 4,9% toegeneem. Daar was 68 545 kontakmisdade, 2 409 sake van poging tot moord en 12 527 sake van aanranding.

Daar is 115 kinders van moord aangekla by 11 verskillende polisiekantore.

Bobby Stevenson, die DA se woordvoerder oor veiligheid en sekuriteit in die provinsie, sê die syfers wys net minder as 11 mense per dag verloor hul lewe weens geweld.

En sowat agt mense word elke uur deur ’n kontakmisdaad geraak.

“Ons is besig om ons morele waardes en basiese menslikheid te verloor. Daar is nie meer respek vir menselewens nie, met ons kinders wat nou by gewelddadige misdade betrokke raak."

Ons is besig om ons morele waardes en basiese menslikheid te verloor. Daar is nie meer respek vir menselewens nie, met ons kinders wat nou by gewelddadige misdade betrokke raak.

Daar was ’n 12,7%-styging in die kaping van vragmotors (124 voorvalle teenoor 110 in die vorige boekjaar). Die polisiekantore waar dié misdrywe die meeste aangemeld is in die provinsie, is Mountweg, Swartkops en KwaZakhele.

Cele sê by navraag die polisie het gevind daar is ’n verband tussen die kaping van vragmotors en arbeidsonrus, veral ten opsigte van ontevredenheid daaroor dat buitelandse vragmotorbestuurders poste in Suid-Afrika kry.

Altesame 6 800 voorvalle van veediefstal is die afgelope boekjaar by die polisie in die Oos-Kaap aangemeld – ’n styging van 1%.

Die aanmelding van sake van seksuele oortredings en verkragting het met 0,3% gedaal. Ontvoeringsake het met 14,6% gestyg.

Altesaam 11 van die 73 polisiebeamptes wat landwyd dood is in die uitvoering van hul pligte, was van die Oos-Kaap.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Oos-Kaap  |  Hoog  |  Geweldsmisdaad  |  Syfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.