Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewese advokaat betrek by Siemens-moord

Die vuurwapen waarmee die opspraakwekkende moord op Louis Siemens van Bloemfontein vermoedelik gepleeg is, is glo onder die sitplek van ’n motor gekry waarmee mense na bewering glo ontvoer is.

Louis Siemens

’n Voormalige advokaat van die stad, Karabo Tau (40) van Wilgehof, het saam met ’n vermeende makker, Sizwe Mpati (36), in verband met dié beweerde ontvoering, intimidasie en aanranding van drie mense in Botshabelo in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die polisie soek na nog twee verdagtes in die ontvoeringsondersoek.

Die vuurwapen is nie in die motor gekry waarin Tau na bewering gery het nie.

Tau was Vrydag erg ontsteld toe hy voor landdros Mamello Thamae verskyn het en het gesê hy is teleurgesteld en kwaad, want hy het niks met die saak te doen nie. Hy verskyn weer volgende week in die hof.

Sy naam is etlike jare gelede in die Vrystaatse hooggeregshof van die rol van advokate geskrap.

* In dieselfde hof het kapt. Moeketsi Lesia, speurtakbevelvoerder van die polisiekantoor in Bayswater in die stad, ook in verband met die Siemens-moord op 10 Mei vanjaar om borgtog aansoek gedoen.

In die vol hofsaal het ook genl.maj. Solly Lesia, adjunk-polisiekommissaris in die Vrystaat, gesit. Hy is ’n neef van hom, het kapt. Lesia getuig.

Lesia, wat vir die onwettige besit van dié vuurwapen aangekla word, sê dit was in sy amptelike kluis in die polisiekantoor gehou.

Sers. Buyisile Jonas, die ondersoekbeampte in die Siemens-saak, het getuig hoe Lesia aan hom en ook ook sy bevelvoerder, brig. Tshokolo Phosholi, inligting gegee het dat een van sy speurders, konst. Molebatsi Mogoera (40), inligting het oor wie vir Siemens geskiet het.

Nie Lesia of Mogoera wou egter ’n verklaring daaroor aflê nie. Lesia wou nie betrokke raak nie en Mogoera wou eers regsadvies inwin.

Lesia het gesê dat Mogoera korrup is. Op versoek van Phosholi het Lesia wel ’n verklaring afgelê. Daarin het hy net die teenoorgestelde oor Mogoera gesê.

Nadat Mogoera ook in verband met die Siemens-moord in hegtenis geneem is, het Lesia ten gunste van sy vrylating op borgtog vir hom getuig.

Jonas het getuig in dié getuienis het hy eers gehoor Lesia het Mogoera se private vuurwapen in sy kluis by sy huis.

Lesia, wat vir die onwettige besit van dié vuurwapen aangekla word, sê dit was in sy amptelike kluis in die polisiekantoor gehou.

Hy skets ’n heeltemal ander prentjie van wat in die gesprek by Phosholi gebeur het. Daarvolgens is hy gedreig om ’n valse verklaring teen Mogoera af te lê.

Lesia het getuig hy was met vakansie toe Siemens vermoor is en het hom nie geken nie.

Sy aansoek om borgtog word ook volgende week voortgesit.

Adv. Johann Nell SC tree in opdrag van Bertus Jacobs vir Lesia op. Adv. Jacques Potgieter tree vir die staat op.

  • In die hof langsaan is Mogoera, konst. Kagisho Ishael Chabane (39), ’n hofordonnans in die landdroshof, en Stanley Bakili (37), die vermeende baasbrein in die Siemens-moord, se aansoeke om borgtog Vrydag tot volgende jaar uitgestel.
Meer oor:  Louis Siemens  |  Karabo Tau  |  Bloemfontein  |  Siemens-Moordsaak  |  Advokaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.