Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewese Suid-Afrikaner slaan inbreker in Australië dood

’n Suid-Afrikaanse immigrant in Australië het ’n inbreker in sy huis in Sydney doodgeslaan nadat hy hom op heterdaad betrap het.

Johan Francois Schwartz
Johan Francois Schwartz Foto: Facebook

Die polisie het Johan Francois Schwartz (44) ná die voorval ure lank ondervra, berig The Sydney Morning Herald.

Die inbreker, Bradley Soper (35), was ’n fiksheidsinstrukteur en gewigopteller. Hy was volgens sy vriende verslaaf aan kokaïen en het geldelik noustrop getrek. Sy meisie het hom onlangs afgesê en hy was lank in die hospitaal met nierversaking.

Nadat Schwartz hom bygedam het, het Soper inmekaargesak en sy bewussyn verloor, sê die polisie.

Paramedici kon hom nie bybring nie.

Volgens dié koerant het Schwartz voorheen op Reddit geskryf hy het geen simpatie met diewe nie. Hy het kommentaar gelewer op ’n video waarin ’n selfoondief aangekeer word.

Die dief word herhaaldelik in die gesig geslaan deur vermoedelik die slagoffer.

“As hy dié misdaad gepleeg het, sal hy volgende keer iemand meer kwesbaar, soos ’n 80-jarige, teiken,” het Schwartz op 3 Februarie geskryf.

Volgens ondersoekers het Schwartz Sondag omstreeks 07:30 wakker geword van sy honde se geblaf en het hy ’n “inbreker in die voorkamer aangevat”.

Schwartz se vrou en kind was ook tuis tydens die voorval.

’n Vriend van Soper het hom as ’n groot teddiebeer beskryf.

Sy vriende en kollegas het aan News.com.au gesê hulle is verbysterd oor wat hom daartoe gedryf het om by vreemdelinge in te breek.

Die polisie wag nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

Meer oor:  Sydney  |  Doodgeslaan  |  Inbreker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.