Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewonde Bloem-sakeman ‘sterk goed aan’

Jan Smit, die Bloemfonteinse sakeman wat in ’n rooftog in sy winkel in die stad gewond is, sterk goed aan.

Smit (65), eienaar van Triprod in Harveystraat wat in veevoer spesialiseer, word in die Life Rosepark-hospitaal vir ’n skietwond behandel nadat vyf gewapende mans hom Donderdagaand in sy onderneming oorval het.

Volgens Ian Smit sterk sy pa goed aan en is hy steeds in die hospitaal.

Smit en ’n veiligheidswag, Isaac Mosamo, is omstreeks 18:45 aangeval en vasgebind. Smit is in die bolyf geskiet en die rowers het met ’n onbekende bedrag kontant gevlug. Mosamo se gesig is geswel, maar hy het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Nadat die mans gevlug het, het Mosamo hom losgewikkel en Smit losgemaak.

Ian het hom ook intussen na die winkel gehaas omdat sy pa nie sy oproepe beantwoord het nie en op sy gewonde pa afgekom. Die nooddienste is ontbied, waarna sy pa gestabiliseer en hospitaal toe geneem is.

Volgens brig. Montantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Mense met inligting kan sers. May Mofokeng, ondersoekbeampte, by 082 466 7255 bel.

Die polisie ondersoek ’n klag van sakeroof.

Meer oor:  Jan Smit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.