Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewonde ma se kêrel skiet slapende dogters dood

’n Man het na bewering eers sy vriendin geskiet waarna hy haar dogters doodgeskiet en toe sy eie lewe geneem het.

Die polisie in Mogwase, Noordwes, ondersoek twee aanklagte van moord en een van poging tot moord nadat die 51-jarige man Maandag die 45-jarige vrou en haar dogters, onderskeidelik 11 en 15 jaar oud, in Legkraal Village naby Rustenburg geskiet het.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, provinsiale polisiewoordvoerder, was die man die ma se kêrel.

“Hulle het glo voor die skietery vasgesit,” sê Funani.

Funani sê die man het die vrou glo by sy voertuig ingedwing en haar na ’n bebosde gebied geneem.

“Hy het haar glo in die skouer geskiet, maar sy kon daarin slaag om te vlug. Die man is na haar huis toe waar hy haar dogters na bewering in hul slaap doodgeskiet het. Hy het toe in sy Nissan-bakkie gevlug,” sê Funani.

Die man se uitgebrande bakkie is sowat 20 km van die toneel af gekry. Sy lyk was in die bakkie.

Die ma sterk in ’n plaaslike hospitaal aan.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, het die voorval in Vrouemaand ten sterkste veroordeel.

Motswenyane sê dit is skokkend dat iemand na wie die meisies opgekyk het om hulle te beskerm, hulle na bewering doodgeskiet het.

Meer oor:  Rustenburg  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.