Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gewonde wag waarsku bestuurder voor hy sterf

’n Veiligheidswag wat Donderdag by die hek van ’n onderneming in Flagstaff in die Oos-Kaap deur rowers geskiet is, het na die gebou gehardloop om die bestuurder te waarsku voordat hy gesterf het.

Die rowers het in ’n wit Colt-dubbelkajuitbakkie by die hek opgedaag kort nadat werknemers die gebou omstreeks 07:30 oopgesluit het.

Hulle het die 41-jarige veiligheidswag wat by die hek voor die onderneming gestaan het, geskiet.

Volgens die polisie se inligting het die gewonde wag by die gebou ingehardloop om die bestuurder te waarsku, maar die rowers was kort op sy hakke.

Hulle het ’n onbekende bedrag geld gebuit.

Die veiligheidswag het daarna aan sy beserings beswyk, het kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Sy sê die rowers se voertuig is later die dag verlate langs die R61 naby die Bhukuveni-nedersetting in Flagstaff aangetref.

’n Sakeroof- en moordsaak word ondersoek en die polisie is na minstens vier verdagtes opsoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.