Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gigaba se vrou uit op borgtog ná ‘koue nag in sel’
Malusi en Norma Gigaba voor die Parlementsgebou in Kaapstad met ’n staatsrede. Foto: Lerato Maduna

Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, se vrou, Norma, is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat sy Vrydag in Pretoria in hegtenis geneem is in verband met klagte van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die Valke het die 40-jarige Nomachule Gigaba Vrydag in Waterkloofrif, Pretoria, in hegtenis geneem nadat ’n klag by die polisiekantoor in Brooklyn ingedien is.

Die klaers is glo Gigaba en nog ’n man.

Sy is oornag in die selle by die polisiekantoor aangehou en moet Maandag om 08:30 in die landdroshof in Hatfield verskyn.

Haar prokureur, Victor Nkwashu, het Saterdagaand bevestig dat sy op borgtog van R5 000 vrygelaat is.

Hy het gesê hy het haar aangeraai om ’n mediese dokter te gaan spreek nadat sy die nag in die sel met ’n koue sementvloer deurgebring het.

Hy wou nie kommentaar lewer oor die Valke se betrokkenheid by die ondersoek nie.

Op sosiale media word ’n video versprei van ’n topklas Mercedes Gelandewagen, wat vir nie minder nie as R2,5 miljoen geadverteer word, met verskeie krapmerke daarop.

Die video is klaarblyklik in ’n motorhuis geneem en op sosiale media word beweer dit is die eiendom wat in die voorval van saakbeskadiging betrokke is.

Die hutsmerk #NormaGigaba is een van die Twitter-onderwerpe wat die naweek in Suid-Afrika bo aan die lys van die meeste twiets is. Teen Saterdagaand was daar reeds meer as 9 600 twiets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.