Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Glasstukke tref vrou toe aanvaller deur met panga slaan

’n Vrou van Danabaai in Mosselbaai in die Suid-Kaap is deur glasstukke in die gesig getref toe ’n rower ’n glasdeur met ’n panga probeer stukkend slaan het.

Die voorval het Sondag om 06:45 gebeur toe die 36-jarige vrou haar honde uit die huis gelaat het, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

“Sy het die glasvoordeur toegemaak toe sy ’n man by die deur sien wat in die huis probeer kom het. Sy het die man probeer afskrik sodat sy haar familie in die huis kon waarsku.”

Volgens Pojie het die man ’n panga uitgehaal en die glasdeur stukkend geslaan.

“Omdat die vrou so naby aan die glasdeur was, is sy beseer toe glasstukke haar in die gesig getref het.”

Die vrou en die aanvaller het in ’n stoeiery betrokke geraak voordat die man ’n skootrekenaar gegryp en weggehardloop het.

Bure het die vrou se gegil gehoor en die polisie en die buurtwag ontbied wat binne enkele minute op die toneel was, het ’n buurtwaglid by navraag gesê. Die vrou is andersins nie ernstig beseer nie.

Volgens Pojie word ’n saak van huisroof ondersoek en het die polisie ’n samestelling van die aanvaller se gesig gemaak. Mense met inligting kan die polisie in Kwanonqaba by 044 606 5600 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.