Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Glyjakkals vas, krokodiltrane vloei

Dit was die dwelms wat hom daartoe gedryf het om mense op Facebook te bedrieg, het Cletynn Coetzer die afgelope week huilend gebieg toe Rapport hom bel nadat talle mense gekla het hy het hul geld gesteel.

Cletynn Coetzer, wat erken hy het mense bedrieg deur op WhatsApp geld van hulle te bedel.

Maar, het Coetzer (31) bygevoeg: “Ek het nie 100 mense bedrieg nie, dit was meer soos tussen 15 en 20.”

Volgens Shane Holland, provinsiale hoof van Ensure Security Services in die Wes-Kaap, het Coetzer mense se foto’s en kontakte op Facebook gekry. Hy het dan ’n vals WhatsApp-profiel in dié persoon se naam geskep en sy kontakte gevra vir geld omdat hy ’n krisis het – die laaste tyd meestal rakende Covid-19.

Die bedrae was meestal onder R1 000 en Coetzer het die geld kastig die volgende dag terugbetaal. Die bewys van betaling was egter vervals en boonop vir R1 000 meer as die oorspronklike bedrag.

“Dan WhatsApp hy die slagoffer histeries en sê hy het te veel geld inbetaal, hulle moet die verskil dadelik terugbetaal. So kom hy weg met ’n ekstra R1 000,” vertel Holland.

Hy het Coetzer jare tevore al probeer opspoor ná klagtes oor sy werk as ’n tatoeëerkunstenaar.

In April het Holland van die Facebook-slenter gehoor en weer na Coetzer begin soek.

Hy kon sy oë nie glo toe Coetzer hom in Julie met die slenter nader nie.

Toe hy hom konfronteer, het Coetzer huilend vergifnis gevra en belowe hy sou ’n nuwe blaadjie omslaan.

Holland het hom eers jammer gekry, maar toe hy die afgelope week van nóg twee gevalle hoor, het hy Coetzer op Facebook geïdentifiseer.

Holland vermoed daar was al tussen 50 en 80 slagoffers.

Rapport het met verskeie mense gepraat – van Kaapstad en die Suidkus van KwaZulu-Natal tot in Portugal – wat sê hulle het ook deurgeloop.

Net een, ’n 60-jarige pensioentrekker, het ’n klag ingedien.

Almal dink nou hy is sleg, het Coetzer Vrydag gesê toe Rapport hom bel. “Maar niemand wil weet wat my gedryf het nie. Ek het mense bedrieg, maar dit was nie ék-ek nie, dit was die crack-demoon binne my. Dit neem jou hele lewe oor en strip die regte jy weg dan bly net hierdie demoon oor.”

Hy het “nou ’n ommekeer gemaak”, het hy belowe. “Ek het weer begin bid. Ek het my hart vir die Here gegee en ek is skoon. Ek was van ek 20 jaar oud was aan en af op dwelms. Jy kom skoon vir ’n ruk, dan bel ’n dealer jou om net te hoor hoe dit met jou gaan. Hy wéét daardie oproep is ’n saadjie wat hy plant.”

Die staat van inperking het hom geknak, sê hy. “Ek was desperaat en toe gee ek my oor aan crack. Ek wens ek kon dit regmaak, ek is so jammer.”

Die polisie ondersoek die pensioentrekker se klag.

Meer oor:  Bedrog  |  Diefstal  |  Swendelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.