Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
G’n tyding van ontvoerde meisie (8)

Teen Woensdagaand was daar nog geen tyding van die agtjarige meisie van Thabong by Welkom in die Vrystaat wie se ontvoerders ’n losprys van R50 000 geëis het nie.

Bokamoso Shabe (8)

Bokamoso Shabe (8) is Maandag die laaste keer omstreeks 13:30 by die Mmantshebo Primary School in

Jerusalem Park gesien.

Luidens ’n voorlopige ondersoek deur die polisie is sy by die skool deur ’n onbekende vrou ontvoer.

’n Man, wat homself Aubrey noem, het die meisie se ouma Maandag sowat twee uur later gebel en ’n losprys van R50 000 geëis. Hy het gedreig om Bokamoso te vermoor as die geld nie aan hom betaal word nie.

Die daaropvolgende dag het ’n vrou, wat haarself as Nthabeleng voorgestel het, Bokamoso se ouma omstreeks 08:45 van dieselfde telefoonnommer gebel en ook die geld geëis.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, was daar teen Woensdagaand geen nuwe inligting oor die ontvoering van Bokamoso nie.

Bokamoso het ten tyde van haar ontvoering haar skooluniform aangehad, bestaande uit ’n wit hemp, grys-en-wit trui, grys romp en swart skoene.

Enigiemand met inligting word versoek om ao. Tshediso Qhamakoane by 082 375 6355 te bel of die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 te skakel. Inligting kan ook deur die MySAPS-app gestuur word.

Intussen is ’n laerskoolmeisie van Thabong wat reeds sedert 12 Junie vermis is, ook nog nie gevind nie.

Nthabiseng Elisa Molete toe sy jonger was.

Nthabiseng Elisa Molete (13), ’n gr. 7-leerling aan die Moremaphofu Primary School, het op Saterdag 12 Junie omstreeks 18:00 vir haar ma, Alice, gesê sy gaan by haar maats speel. Sy het die aand nie weer huis toe gekom nie.

Haar ouers was egter nie bekommerd nie omdat die meisie gereeld vir ’n paar dae by vriende sal kuier voordat sy weer op haar eie huis toe kom. Hulle het gedink sy sal die volgende dag terug wees.

Haar ma het haar op Maandag 14 Junie as vermis by die polisie aangemeld.

Nthabiseng was in ’n swart broek, geel baadjie en swart

skoene geklee toe sy die laaste keer gesien is.

Enigeen met inligting kan sers. Sethabathaba Pakela van die Thabong-speurdienste by 071 221 8149 of 057 910 2441 bel.

Meer oor:  Bokamoso Shabe  |  Welkom  |  Thabong  |  Vrystaat  |  Losprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.