Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘God beskerm ons,’ sê vrou ná plaasaanval
Melinda en Hans Goosen.

’n Gesin is Maandag in hul plaashuis in Waterpan, naby Westonaria aan die Wes-Rand, gemartel in ’n rooftog waarin hulle twee uur lank aangehou is.

Hans Goosen (52), sy vrou, Melinda (48), en hul dogter Bianca (25) is met ’n strykyster aan hul ore gebrand.

Vyf rowers, waarvan vier balaklawas aangehad het, het vuurwapens op die Goosens gerig en hulle in ’n kamer vasgebind. Die rowers wou nie glo dat daar nie geld in die huis is nie.

“Hulle het seker gedink ons steek miljoene weg,” sê Goosen.

Volgens Melinda was God elke oomblik saam met die gesin en hulle is dankbaar dat niemand iets ernstigs oorgekom het nie.

Een van die mans het heeltyd gekeer as die ander rowers hulle wou seermaak. “Die man het net mooi gepraat met die res. Hy het gesê niemand sal seergemaak word nie.”

Die Goosens het nie mediese behandeling vir die brandwonde nodig gehad nie. Hulle het ook net ligte skraapmerke opgedoen waar hulle vasgebind was. Haar man is met ’n vuurwapen oor die kop geslaan en het snymerkies en ’n knop op sy kop.

Die gesin vermoed iemand wat voorheen in die huis was, het die rooftog help beplan. Die rowers het presies geweet waar Melinda haar juweliersware bêre.

Hulle het seker gedink ons steek miljoene weg.

Toe hulle vir die rowers sê daar is nie geld in die huis nie, het een van hulle ’n oproep gemaak. Daarna het hulle gevra om na die kluis geneem te word, sê sers. Linkie Lefakane, polisiewoordvoerder.

Benewens drie vuurwapens en geld wat uit die kluis gesteel is, is juweliersware en ’n televisie geroof. Die rowers het hul buit in Melinda se Land Rover gelaai en weggery.

“Hulle het die hele huis omgekeer. Dis ’n groot gemors,” sê Goosen.

Die rowers het hom om 18:30 by die veiligheidshek van die plaas ingewag. Hulle het hom oorval toe hy uit sy motor klim om die hek oop te maak. Sy arms is vasgebind en hy is op die agtersitplek ingeprop. By die plaashuis het hulle hom gedwing om die voordeur oop te sluit en sy vrou en dogter ook oorval.

Nadat die rowers weggekom het, het die Goosens losgekom en na die bure gery om hulp te kry.

“Ek het ’n manier gekry om wat gebeur het, te verwerk, maar my vrou en kind moet nog ’n manier kry,” sê Goosen.

“As jy op ’n plaas bly, weet jy altyd daar is ’n kans dat jy aangeval kan word, maar jy bly hoop dit sal nie met jou gebeur nie. Ons is nou deel van die statistiek.”

Meer oor:  Hans Goosen  |  Westonaria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.