Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Golden Arrow-busse brand in betogings

Twee Golden Arrow-busse is Vrydagaand in Kaapstad aan die brand gesteek terwyl taxi-betogings chaos op Kaapse paaie veroorsaak het.

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brand-en-nooddienste, sê hul brandweerspanne is Vrydagaand eers na Gugulethu en toe na Phillippi uitgeroep waar die busse aan die brand was.

“Die busse is totaal vernietig. Dit is nie duidelik hoe die brande ontstaan het nie, maar die polisie en weermag het kort daarna die gebiede ingegaan,” sê Carelse.

Een bus was aan die brand by New Eisleben-straat tussen Sheffield- en Govan Mbeki-weg.

Volgens inligting is niemand in die voorvalle beseer nie.

Bronwen Dyke-Beyer, Golden Arrow-woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek sake van kwaadwillige saakbeskadiging.

Die Golden Arrow-bus wat in Govan Mbeki-weg aan die brand gesteek is.
Brandweerbeamptes ondersoek die skade aan die Golden Arrow-bus in Govan Mbeki-weg.
Brandweerbeamptes by die Golden Arrow-bus in Govan Mbeki-weg.
Meer oor:  Jermaine Carelse  |  Kaapstad  |  Philippi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.