Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Goudveld: Gevreesde misdade neem toe

Motorkapings, huisrooftogte en sakerooftogte het die afgelope jaar op bykans al die Goudveldse dorpe toegeneem.

In Welkom is 30% meer motorkapings (van 13 na 17), 15% meer huisrooftogte (59 na 68) en 46% meer sakerooftogte (56 na 82) aangemeld.

Dit blyk uit die 2018-’19-boekjaar se syfers wat Donderdag in die parlement bekend gemaak is.

By die naburige Thabong-polisiestasie is 13 motorkapings, vergeleke met agt in die vorige boekjaar aangemeld. Dit verteenwoordig ’n styging van 62%.

Huisrooftogte in Thabong het met twee van 114 na 112 afgeneem terwyl 62 sakerooftogte gepleeg is teenoor die 54 in die vorige boekjaar.

In Odendaalsrus het motorkapings van vyf na nege toegeneem, ’n styging van 80%.

Sakeroof het bykans verdubbel van ses voorvalle na 11, ’n toename van 83%.

Huisrooftogte het hier ook gestyg van 36 na 52, ’n styging van 44,4%, maar daar was ’n afname van 45% in rooftogte by sakeondernemings.

In Allanridge het huisrooftogte van drie na tien gestyg en sakerooftogte van ses na 11.

Inwoners en sakelui in Virginia het ook in die afgelope boekjaar onder huis- en sakerooftogte deurgeloop met huisrooftogte wat van drie voorvalle tot tien gestyg het, ’n toename van 233%.

Sakeroof het bykans verdubbel van ses voorvalle na 11, ’n toename van 83%.

Op Hennenman is twee motorkapings en vier huisrooftogte aangemeld teenoor een motorkaping en vyf huisrooftogte die vorige boekjaar.

Sakerooftogte het hier van vier na nege gestyg terwyl inbrake by huise en ondernemings skerp gestyg het.

Daar was in die jongste boekjaar 123 huisbrake in die dorp, vergeleke met 98 die vorige jaar. Dit verteenwoordig ’n styging van 25%.

Sakeondernemings het ook onder diewe deurgeloop en 58 inbrake is aangemeld teenoor 41 in die vorige boekjaar.

Dit is ’n styging van 41%.

Meer oor:  Goudveld  |  Misdaadstatistiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.