Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Goudveld-moorde: Vreedsame protes beplan
Pieter en Eddie Hills, wat Donderdag op hul familieplaas buite Hennenman aangeval is. Pieter is op die toneel dood en Eddie het later in die hospitaal gesterf.

’n Vreedsame betoging word Maandag in Hennenman gehou uit protes teen die moontlikheid dat die vermeende moordenaars van ’n boer en sy seun borgtog kry, volgens Vrystaat Landbou (VL).

Pieter Hills (56) is verlede Donderdag op hul plaas, Zwartpan, buite Hennenman doodgeskiet en Eddie (26) is Woensdag in die hospitaal dood.

Die twee beskuldigdes, Patrick Bochedi (36) en Mojalefa Modise (38), sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Intussen is Mark Regal (50) Woensdagaand in ’n aanval op die plaas, Thelma, buite Odendaalsrus doodgeskiet.

Hy en sy vrou, Angela, het sy pa, Joe, se plaas opgepas terwyl dié uitstedig was.

Angela het op die stoep gesit toe twee mans haar bestorm het. Sy het die een aanvaller, die Nigeriër Obi Okaye (55), glo doodgeskiet, maar die tweede aanvaller het Regal doodgeskiet toe hy uit die huis gekom het. Die tweede aanvaller is blykbaar gewond.

Volgens Jan Bezuidenhout jr., ook ’n boer, het drie mans egter van die plaas af gevlug. Hulle het ’n ent deur die veld geloop, waarna ’n voertuig hulle opgelaai het.

Rudi van Vuuren, veiligheidskoördineerder van VL, sê die polisie was vinnig op die toneel.

Francois Wilken, president van VL, sê die moorde is onaanvaarbaar. “Die landbougemeenskap en hele land is keelvol vir die aanslag op onskuldige mense.”

Christo van der Rheede, Agri SA se uitvoerende direkteur, het die gemeenskap gevra om hulle teen plaasmoorde en misdaad in die algemeen uit te spreek.

“Plaasaanvalle neem toe, veral in die Vrystaat,” sê Van der Rheede.

“Die aankondiging deur die minister van polisie (Bheki Cele) dat verskeie taakspanne aangestel is om die toename in plaasaanvalle in die Vrystaat te ondersoek word verwelkom. Ons hoop dat die oorsake van hierdie wrede aanvalle vasgestel sal word en dat die polisie die nodige stappe sal doen,” sê hy.

Cele het Donderdag met die gemeenskap in Bethlehem vergader om terugvoering te gee oor die stappe wat die polisie doen om landelike misdaad te bekamp.


https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/nog-skokke-oor-korrupte-polisie-in-vrystaat-20201112

Meer oor:  Mark Regal  |  Pieter Hills  |  Hennenman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.