Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
GPF-man (68) vas ná moord op plaas

’n Bejaarde man verbonde aan ’n polisiëringsforum in Mpumalanga en sy skoonseun is in hegtenis geneem weens die moord op ’n vermeende mielie- en boontjiedief.

Gary Wiblin en Dennis Grose in die hof. Foto: Alex Mitchley

Dennis Grose (68) en sy skoonseun, Gary Wiblin (36), verskyn komende Woensdag in Delmas, oos van Johannesburg, vir ’n borgtogaansoek in die landdroshof ná die dood van Lucas (Dokter) Masilela op die plaas Stompiesfontein op 17 Junie.

Só oortuig is inwoners van die omgewing dat die twee mans skuldig is dat hulle Vrydagaand Grose se huis afgebrand het.

Grose is op 1 Augustus in hegtenis geneem nadat Masilela op Stompiesfontein in die kop geskiet en van ’n brug gegooi is. Grose se inhegtenisneming het gevolg op dié van Wiblin (36), nadat die polisie vasgestel het Grose was op die dag van die moord saam met Wiblin op die plaas. Albei mans, wat lede is van die Rural Safety Corps, ’n gemeenskapspolisiëringsforum, staan tereg op aanklagte van moord, bedrog, aanranding en lykskending.

Julie Grose (31), Dennis Grose se dogter en die verloofde van Wiblin, is die woordvoerder van die forum. Sy sê nie een van die twee mans het ten tyde van die voorval ’n vuurwapen by hulle gehad nie.

Gary besit nie eens ’n geweer nie.

“Gary besit nie eens ’n vuurwapen nie,” sê sy. “My pa het ’n pistool, maar dit is in ’n kluis toegesluit. Hy kan glad nie daarmee skiet nie, want hy ly aan artritis.”

Sy sê haar pa ly ook aan onder meer leukemie.

Judy Davidson (58), Grose se verloofde, sê hy is so siek dat sy vrees hy sal sterf voordat hy borgtog kry. “Hy gaan dit nie maak as hulle hom in aanhouding gaan laat bly nie,” sê sy.

Julie Grose sê aanvallers het ook by hul huis probeer inkom. Sy is swanger met Wiblin se derde kind. “My man en my pa was nié die enigste mense op daardie plaas nie,” sê sy.

Grose en Wiblin is 17 Junie deur André Strauss, nog ’n lid van die forum, ontbied toe verdagtes die plaas begin besteel het. Strauss het aan Rapport gesê hy was “aan die ander kant” van die plaas met ’n verdagte besig. “Ek weet nie waar presies Gary en Dennis op daardie oomblik was nie.”

News24 het berig Masilela is glo vroeër daardie oggend aangerand deur Dawie Lecordeur, ’n bestuurder van die plaas.

Lecordeur wil nie kommentaar lewer nie omdat hy ’n staatsgetuie is.

Julie Grose weet ook nie wie Masilela sou skiet nie. “Gary en my pa was die oggend daar. Nie vir lank nie,” sê sy. “Vir middagete was hulle terug by die huis. Nie een van ons het op daardie oomblik eens geweet daar lê ’n lyk op die plaas nie.”

jaco.nel@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.