Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Gr. R-leerling sterf nadat sy verkrag is

’n Man verskyn na verwagting Donderdag in die hof nadat hy na bewering twee weke gelede ’n gr. R-meisie verkrag het.

Boitumelo Matsekoleng (6) was ’n leerling aan die Baithudi Mohlahledi Primary School in Marsihane naby Steelpoort in Limpopo.

Sy het ernstige beserings opgedoen toe die 35-jarige man haar in die Serageng-nedersetting in Nebo verkrag het en is Dinsdag in die provinsiale hospitaal in Polokwane dood.

Nkakareng Rakgoale, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, sê sy is uiters geskok oor wat met Boitumelo gebeur het.

“Die voortdurende verkragting en mishandeling van vroue en kinders beroof ons land van sy toekoms. Ons sien dat die oortreders die dringende boodskappe blatant ignoreer wat ons deur middel van bewusmakingsveldtogte uitstuur.

Welsynswerkers staan Boitumelo se familie by sedert die voorval aangemeld is.

“Hulle gaan voort om sielkundige en ander ondersteuning aan haar familie te gee,” sê Rakgoale.

Meer oor:  Limpopo  |  Misdaad  |  Kinderverkragting  |  Verkrag  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.