Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groblersdal-moord: Vrou se vriendin vandag in hof

’n Vrou wat saam met ’n plaasvoorman van Groblersdal in Limpopo gewerk het, sal vandag in die landdroshof in Groblersdal in verband met sy moord verskyn.

Die 23-jarige vrou is Dinsdagmiddag in Kempton Park aan die Gautengse Oos-Rand in hegtenis geneem en word aangekla van die moord op Raymond Gregory Papapavlou (28) vroeër vandeesmaand.

Die beskuldigde is ’n goeie vriendin van Simone Papapavlou, Raymond se vrou.

Simone Papapavlou by haar man, Raymond (28), wat op ’n plaas buite Groblersdal in Limpopo doodgeskiet is. Foto: Facebook/RaymondPapz

Oudkol. Gawie Louwrens van Bosveld-misdaadondersoeke (BMO) het in samewerking met speurders van die polisie in Limpopo en die Groblersdal-polisiekantoor, die vrou Dinsdagmiddag in Kempton Park in hegtenis geneem.

Sy is by haar werkplek in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

BMO het na die moord ’n R15 000-beloning uitgeloof aan enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisname van die moordenaar(s) kan lei.

Papapavlou is in die middernagtelike ure van Sondag 4 Oktober of vroeg Maandag 5 Oktober vyf keer geskiet waar hy op sy bed in die plaashuis gelê het.

Papapavlou is onder meer in sy rug en drie keer in sy regtersy geskiet. Een skoot het hom ook in die kop getref.

Simone het glo op ’n bank in die woonkamer aan die slaap geraak en het wakker geskrik toe sy vyf skote gehoor het, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting van die hofverskyning.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.