Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groenpunt-moord: Britse amptenare ondersteun gesin
Upendra Edward Galegedera Foto: Facebook

Die Britse owerhede verleen ondersteuning aan die gesin van ’n Britse man wat vandeesweek in ’n woonstel in Groenpunt, Kaapstad, vermoor is.

News24 het vroeër berig dat die 50-jarige man verlede Vrydag laas lewend gesien is.

Die polisie het Maandag op sy bebloede lyk afgekom. Die man, Upendra Edward Galegedera, het familielede in Hertfordshire, Engeland. Dit wil voorkom of Galegedera nie op vakansie was nie, maar dat hy in Kaapstad gewoon het.

Isabel Potgieter, woordvoerder van die Britse konsulaat, is bewus van die voorval. “Ons personeel ondersteun die gesin van die Britse man ná sy dood in Kaapstad en ons is in verbinding met die Suid-Afrikaanse owerhede,” sê Potgieter.

Die polisie het Galegedera se voertuig, ’n Audi A3, in ’n straat naby die woonstelkompleks gekry.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die moord aangekeer nie.

“ ’n Nadoodse ondersoek moet nog afgehandel word om die oorsaak van die man se dood te bepaal,” sê Van Wyk. Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word versoek om met die ondersoekbeampte speursers. Botha by 021 430 3733 in verbinding te tree.

Meer oor:  Brittanje  |  Kaapstad  |  Gesin  |  Ondersteuning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.