Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groep stenig man op Limpopo-kampus

Die polisie in Thohoyandou, Limpopo, soek na ’n groep mans wat ’n man op die kampus van die Universiteit van Venda aangeval en hom met klippe doodgegooi het.

Die voorval was Vrydag omstreeks 01:26 naby die studente se koshuis.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale woordvoerder, sê die polisie het op angstige oproepe van inwoners gereageer oor ’n persoon wat deur ’n groep mense aangeval word.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ’n man aangetref wat veelvuldige beserings gehad het.

Allerlei wapens, waaronder klippe en stokke, het langs hom gelê.

Die aanvallers was reeds weg. Die oorledene, vermoedelik van iets in die 20, het ’n blou denim, ’n wit T-hemp en swart Adidas-kouse aangehad. Hy het nie skoene gedra nie.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende provinsiale polisiehoof van Limpopo, het die moord op die man, wat vermoedelik die jongste prooi van boendoegeweld geword het, veroordeel.

’n Saak van moord word ondersoek en die polisie het ’n reuse-soektog op tou gesit.

* Enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word gevra om ao. Rasilingwani Mawela te bel by 083 364 2826 of by 015 960 1000/1057.

Hulle kan ook die polisie se noodnommer 08600 10111 of hul naaste polisiekantoor bel.

Meer oor:  Universiteit Van Venda  |  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Misdaad  |  Stenig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.