Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groot dwelmvonds in Soweto
Pakke dwelms wat gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie het op dwelms van R4,5 miljoen by ’n dwelmlaboratorium in Soweto beslag gelê en drie verdagtes in hegtenis geneem.

Tydens 'n gesamentlike optrede deur misdaadintelligensie en verskeie ander wetstoepassingseenhede is die span gelei na twee adresse in Sone 2 van Meadowlands-Oos, Soweto, waar die polisie op die reusevonds afgekom het, sê brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng.

Die drie verdagtes is tussen 40 en 47 jaar.

Daar is ook beslag gelê op toestelle wat in die vervaardiging van die dwelms gebruik word. Van die middels was nog in ’n onverwerkte vorm.

Die drie verdagtes wat in verband met dwelmvervaardiging en -verkope in Soweto in Johannesburg Vrydagaand in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf
Die verdagtesse tuisgemaakte laboratorium waarin die dwelms vervaardig is. Foto: Verskaf

Die polisie raam die straatwaarde op R4,5 miljoen.

Meer oor:  Soweto  |  Klopjag  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.