Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groot optog begin in Pretoria
Die optog het om 10:00 Dinsdagoggend begin. Foto: Deaan Vivier

Bheki Cele, minister van polisie, “manne van aksie” en vroue van oor die land heen is gereed om Dinsdag deel te wees van die historiese #100MenMarch teen vroue- en kindergeweld in Pretoria.

Gert Oosthuizen, adjunkminister van sport, en Yusuf Abramjee, gemeenskapsaktivis, gaan ook aan die optog deelneem.

“Die optog onderstreep die negatiewe uitwerking van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika se samelewing. Deur saam te staan kan ons werk om ’n veilige omgewing vir vroue en kinders te skep,” sê Phumla Williams, waarnemende direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel.

Adjunk minister van sport, Gert Oosthuizen en Yusuf Abramjee is van die mense wat gaan saam stap in die 100 man march. Foto Deaan Vivier

Ondersteuners van die optog sluit in regters en prokureurs, die bemagtigingsprogram vir slagoffers, geestelikes en alle geloofsbewegings, die polisie, verpleegsters, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, staatsamptenare, die Tshwane-metro, die nasionale taxi-alliansie en motorfietsryers, en vele ander.

Die optog na die Uniegebou sou om 10:00 begin.

Sommige paaie sal vir tyd en wyl gesluit wees en verkeersbeamptes sal help met die vloei van verkeer.

Motoriste is aangeraai om die volgende strate te vermy:

  • Francis Baard
  • Nana Sita
  • Johannes Ramokgoase
  • Pretorius
  • Park

Die Tshwane-metro sal die optog en alle paaie wat gesluit is, dophou.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Pretoria  |  Optog  |  Geweld Teen Kinders  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.