Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Groot rugbygees’ van Potch met skietwonde gevind
Sias Willemse en sy vrou, Tobianna. Foto: Facebook

’n Voormalige boer van Potchefstroom wat beskryf word as “een van die dorp se groot rugbygeeste en ’n kranige krieketman”, se lyk is Dinsdag met twee skietwonde in die nek, asook verskeie dasse om sy nek, in sy huis gevind.

Die polisie was laataand nog op die toneel in Sias Willemse (74) se huis in Albertusstraat, Bailiepark.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê hoewel dit kan verander omdat die polisie nog laataand vir die forensiese taakspan gewag het, sal ’n moorddossier oopgemaak word.

“Ons kan wel bevestig dat twee skietwonde in sy nek gevind is. Daar was ook verskeie dasse om sy nek vasgebind.”

Willemse se kluis was oopgebreek, maar daar was steeds jaggewere in.

“Ons kan nog nie sê of daar vuurwapens vermis is nie,” sê Botma.

Die rugbygroep SupaRugby het op Facebook sy medelye getoon en gesê Willemse was een van die grootste rugbygeeste op die dorp.

Malcom Meyerowitz het onderaan die plasing geskryf sy plaas grens aan Willemse se plaas.

“Hy was altyd vriendelik en behulpsaam.”

Rone Alex skryf “dis genoeg”.

“Hy was ’n pa vir my broer. Ek kan nie meer nie.”

Ons kan wel bevestig dat twee skietwonde in sy nek gevind is. Daar was ook verskeie dasse om sy nek vasgebind.

Volgens ’n anonieme inwoner het Willemse se broers- of susterskind hom gevind nadat familie hom nie in die hande kon kry nie.

Tobianna, sy vrou, was ten tyde van die voorval nie by die huis nie.

“Die kluis is volgens my kennis oopgebreek. Hy is vanoggend vermoedelik dood en vanmiddag gevind.”

Meer oor:  Sias Willemse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.