Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Groot soektog ná moord op vrou van Postmasburg

Die lyk van ’n geliefde inwoner van Postmasburg is Donderdag in haar bed in haar huis in Postdene gevind.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is Carolina Jacobs (62) verkrag en vermoor.

Carolina Jacobs (62) is Donderdag verkrag, verwurg en vermoor. Haar lyk is op haar bed in haar huis gevind.Foto: Facebook

“Die matras waarop die vrou se lyk aangetref is, is aan die brand gesteek. Die nadoodse ondersoek wat Vrydag op haar gedoen is, toon dat sy verkrag en verwurg is,” sê Ramatseba.

Volgens Ramatseba is ’n 72-uur-aksieplan plan dadelik in werking gestel.

Jacobs se skootrekenaar, selfoon en handsak met haar motorsleutels is vermoedelik gesteel.

Dit is in die stadium nie seker of daar meer as een mens by die aanval betrokke was nie.

Inwoners van Postmasburg sê hulle is erg geskok.

Jacobs het bestuurslesse aangebied en is gereeld deur die myne gekontrakteer om deel te neem aan van hul programme vir vaardigheidsontwikkeling.

’n Inwoner wat nie haar naam bekend wil maak nie, sê Jacobs was ’n briljante instrukteur. “Sy het geen kwaad in haar gehad nie. Ons dorp is stom ná die gebeure.”

Lt.genl. Risimati Peter Shivuri, provinsiale polisiekommissaris van die Noord-Kaap, het die moord en verkragting op Jacobs ten sterkste veroordeel en sê geen steen sal onaangeraak gelaat word om die moordenaar vas te trek nie.

Die polisie in die Noord-Kaap vra mense met inligting wat hulle kan help, om die ondersoekbeampte, konst. Christeen van der Westhuizen, by 083 532 1417 of die kommunikasie-offisier ao. Nomvuyo Makoloi by 082 454 3547 te kontak. Brig. Nicky Mills, provinsiale bevelvoerder van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), kan ook by 082 371 6667 gekontak word.

Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Meer oor:  Postmasburg  |  Misdaad  |  Verkrag  |  Moord  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.